VOORDELE

Ligging: Perfek geleë met betrekking tot die internasionale lughawe as ideale afspringplek om plaaslike-, streek- en internasionale markte te betree.

Prys van Eiendom en Bruikbaarheid: SUNGATE bied maksimum voordele per vierkante-meter in Namibië, met wesenlike buigsaamheid van gebruik.

Toeganklikheid: SUNGATE se perfekte ligging by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe op die Trans-Kalahari Hoofweg is  is ideaal geskik as middelpunt van handel en nywerheid wat Namibië en die SADC-streek bedien. SUNGATE bied aan jou die ideale platform om sake te doen in Afrika en die res van die wêreld.

Eienaarskap: Voltitel eienaarskap word gegee. SUNGATE word bestuur as privaat landgoed en die ontwikkeling  val onder die stedelike ontwerp raamwerk en riglyne, wat bestuur sal word deur die Ontwerp Hersiening Paneel.  Privaat argitekte en bouers kan gebruik word.

Eiendomsontwikkeling Geleenthede: As ‘n gemengde-gebruik ontwikkeling geleë op so ‘n strategies-belangrike plek, maak SUNGATE voorsiening vir beide plaaslike en internasionale sake-behoeftes.

SUNGATE sal ‘n gunstige strategiese punt wees vir lughawe- en vervoerverwante sektore, wêreldwye handel en toerisme.

Besigheidsontwikkeling Geleenthede: As ‘n besigheidsentrum sal SUNGATE voorsiening maak vir verskeie industrieë, naamlik kommersieel, kleinhandel, residensieel, ontspanning en ligte-industrieel.

Hierdie selfonderhoudende, sentrale verspreidingspunt (“distribution hub”) sal in staat wees om organies te groei soos wat die vraag na spasie toeneem.

Tydsberekening: Die area uiteengesit vir die eerste fase sal gediens wees teen Januarie 2014, waarna oordrag kan en sal plaasvind, en kan kliënte begin met bouwerk sodra die Hersieningspaneel die planne goedgekeur het.

Namibië se Voordele:

  • Stabiele ekonomiese mark
     
  • Perfekte ligging met betrekking tot die internasionale lughawe, die vier pad- en spoor handelsdeurgange, sowel as ‘n geskikte, doeltreffende hawe.
     
  • Stabiele eiendomsmark met bestendige toename  in eiendomswaardes
     
  • Belegging-vriendelike wetgewing en regulerende  raamwerk, met hoogs-kompeterende belastingaansporings vir vervaardigers en uitvoerders.
     
  • Strategies geleë is hierdie die ideale wegspringplek om die streekmarkte van die Southern African Customs Union (SACU) en die SADC te betree.
     
  • ‘n Lid van die “World Trade Orginsation” (WTO) met  belasting- en kwotavrye toegang tot die markte van die VSA en Europa, op grond van verskeie ooreenkomste.
     
  • Die ranglys van die Wêreld Ekonomiese Forum plaas Namibië onder die vyf mees kompeterende ekonomieë  in Afrika
     
  • Inwerkingtreding van die “Free Trade Areas” (FTA’s), skakel tariewe en nie-tarief hindernisse uit op alle handel tussen SADC gebiede.