VISIE

SUNGATE word in die vooruitsig gestel as ‘n wêreldklas besigheidsgemeenskap met ‘n aanbod van gemengde-gebruik. Deur die uiters strategiese en gerieflike ligging tot die maksimum te benut, sal hierdie gemengde-gebruik ontwikkeling kommersiële-, kleinhandel-, residensiële-, ontspanning- en ligte industriële fasiliteite saamsnoer wat sal funksioneer as ‘n hegte en onderling-voordelige eenheid.          

 

Met die bedoeling om primêr te dien as ‘n handels-toegangspoort na en van Namibië, is SUNGATE daarop ingestel om van aansienlike  ekonomiese belangrikheid  te wees vir die land en die SADC-streek, met ‘n hoë vlak van belangstelling reeds getoon deur Namibiese en buitelandse ondernemings, sowel as die Namibiese Regering.  

SUNGATE sal die wêrelde van die natuur en  besigheid byeenbring en sal met sorg onderhou word om nie inbreuk te maak op die natuur en die prag van die woestynlandskap nie.  

Benewens die kommersiële-, kleinhandel-, residensiële-, ontspannings- en ligte industriële sektore, sal SUNGATE ook voorsiening maak vir die groeiende behoefte aan die daarstelling van lughawe- en vervoer-verwante dienste by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe, wat tot onlangs nie beskikbaar was nie.  


NAMIBIË SE  “VISION 2030” 

Die ontwikkeling van SUNGATE komplementeer Namibië se "Vision 2030", ‘n konsep wat daarop gemik is om "die weg aan te dui vir Namibië en sy mense om doelbewuste pogings aan te wend om lewenskwaliteit te verbeter tot op die vlak van  hulle eweknieë in die ontwikkelde wêreld teen die jaar 2030”. (www.npc.gov.na).

 

Die ontwikkeling van SUNGATE sal meehelp om Namibië  te help voortbeweeg die toekoms in, siende dat die gesamentlike insette van almal betrokke by SUNGATE sal fokus op ontwikkeling rondom Hosea Kutako Internasionale Lughawe en omliggende gebiede.