DIE KERN

SUNGATE sal die nuwe poort tot besigheid in Afrika wees en is sorgvuldig beplan om ‘n gemeenskap te vorm wat logies uitgelê is sodat dit organies kan groei soos wat die behoefte aan ruimte onvermydelik toeneem wanneer die infrastruktuur gevestig is.   

‘n Verdere sleutel tot SUNGATE se sukses is sy kleinhandel-, residensiële-, hotel- en ontspanningsektore wat ontwerp is  om die behoeftes van die gemeenskap te bevredig, sowel as om voorsiening te maak vir die verwagte uitbreiding in die toerismemark.  

Die implementering van infrastruktuur wat aan die voorpunt is van moderne ontwikkeling het tot gevolg dat SUNGATE maksimum voordele per vierkante-meter sal aanbied. Met funksionaliteit as kern maak SUNGATE voorsiening vir die vereistes van groot besighede en skep dit ook onmeetbare geleenthede vir SMME’s (“Small, Medium, and Micro-sized Enterprises”) en entrepreneurs, vandaar ‘n primêre fokus op volhoubaarheid, en dien ook as middelpunt vir invoer-, uitvoer-, verspreiding- en vervoeraktiwiteite. Deur met internasionale en plaaslike hotelle reg langs die lughawe voorsiening te maak vir die snelgroeiende getal internasionale toeriste wat Namibië op ‘n jaarlikse basis besoek, beklemtoon dit net verder die kosmopolitaanse aantrekkingskrag van die ontwikkeling. Met die ontwerp van die residensiële sektor is maksimum waarde geput uit die omliggende natuurlike omgewing  en sal dit smaakvol geïntegreer word met die besigheidsareas van die ontwikkeling.  

Binne die visie van fase-twee van die ontwikkeling sal die residensiële areas funksioneer as ‘n dorp binne-in ‘n dorp, met ‘n kliniek, ‘n skool, ‘n crèche, kerk, sowel as sosiale fasiliteite en gemeenskaplike areas. Vir verdere gerief sal ‘n sektor bestaande uit kleinhandelaars SUNGATE se aanbieding afrond. Verder word ‘n verskeidenheid van meer spesifieke nis-attraksies in die vooruitsig gestel wat ‘n sterk ondertoon van ontspanning sal hê en veral toeriste sal interesseer.  

Die projek geniet die volle ondersteuning van die Regering van die Republiek van Namibië op beide nasionale- en streekvlak.