WELKOM BY SUNGATE

SUNGATE is ‘n unieke, gemengde-gebruik eiendomsontwikkeling met volle infrastruktuur. Die ontwikkeling is strategies geleë op 408 hektaar uiters waardevolle eiendom direk aangrensend tot die Hosea Kutako Internasionale Lughawe naby Windhoek, Namibië.

Ontwikkel met die visie om ‘n fokuspunt vir handel en nywerheid te skep, bestaande uit 220 hektaar verkoopbare eiendom wat verdeel is in ligte-industriële-, kommersiële-, kleinhandel-, ontspannings- en residensiële toepassings,  is SUNGATE bedoel om te dien as ‘n handel-toegangspoort (“trade gateway”) tot die *SADC-streek in ooreenstemming met Namibië se "Vision 2030" en die Vryehandelsooreenkomste tussen die SADC-lande.    *(SADC - Southern African Development Community)