VORDERING: STAND VAN DIE PROJEK

Julie 2008: Die aanvanklike onderverdeling word toegestaan deur die Khomas Streekraad en die twee aparte plaasgedeeltes word gekonsolideer.

Skriftelike goedkeuring vir grootmaat dienste word gegee:

·         NamPower

·         NamWater

·         Paaie-Owerheid

·         Telecom Namibia

Julie 2008: Volledige gemengde-gebruik regte word toegestaan vir die perseel deur die Khomas Streekraad (onder die Kapps Farm Townplanning Scheme).

Januarie 2009: Die eiendom word amptelik oorgedra en geregistreer in die naam van Accolade Properties Namibia by die Windhoek Aktekantoor.

Februarie 2009: Finansiële lewensvatbaarheid voltooi deur PricewaterhouseCoopers, Namibia.

April 2009: ‘n Vrywillige Omgewings-Impak Assessering word voltooi deur Urban Green, met geen besware van belanghebbendes en belangstellende partye.

Julie 2009: “Township Board” goedkeuring gegee vir die verdere onderverdeling, wat oordrag van individuele erwe mooontlik maak.

Julie 2009: Toestemming deur “Namibia Planning Advisory Board” (NAMPAB) om ‘n dorp te vestig.

September 2009: Omgewings-Impak Assessering goedgekeur deur die Ministerie van Omgewingsake en Toerisme.

Februarie 2010: Algemene Plan goedgekeur deur die  Landmeter-Generaal Namibië.

Mei 2010: SUNGATE dorp geregistreer by Landmeter-Generaal.

September 2010: NAMPAB keur die “behoefte en wenslikheid” goed om sekere erwe te onderverdeel.

Desember 2010: Dienstekontrak tender toegeken – Fase 1AB erwe.

Januarie 2011: Grootmaat dienste en interne dienste vir Fase 1AB begin.

September 2011: Nuwe Stad van Windhoek grense geproklameer deur Ministeriese Proklamasie

Januarie 2012: SUNGATE dorp geproklameer – ‘n dorp is gebore!

Februarie 2013: Paaie Owerheid keur nuwe toegang tot perseel goed.

Mei 2013: “Township Board” keur nuwe onderverdeling goed van Fase 1AB erwe.

Junie 2013: “Township Board” onderverdelingsertifikate word ontvang.     

Julie 2013: Landmeter  steek nuwe onderverdeling afen lê voor aan Landmeter-Generaal

Augustus 2013: Installering van grootmaat dienste en interne dienste vir Fase 1AB gaan voort.

Desember 2013: Landmeter-Generaal keur nuwe onderverdeling van Fase 1AB erwe goed.

March 2014: Eerste kliënt begin met bou van vulstasie.

Mei 2014: Voltooiing van dienste vir Fase 1AB.

Mei 2014: Bemarking begin vir Fase 1AB .

Augustus 2014: Oordragte gegee aan eerste kliënte in Fase 1AB