AANSPORINGS EN UITVOER

 

AANSPORINGS

Vervaardiging en Uitvoer 



Bo en behalwe die besparings in terme van tyd, bied Namibië ook grootskaalse belastingvoordele. In 1996 het die Namibiese Regering ‘n beleid goedgekeur met die doel om aansporings te bied vir nywerhede. Die daarstelling van “Export Processing Zones” (EPZs) binne die grense van die land het daartoe gelei dat Namibië die geleentheid bied as ‘n “belasting-paradys” vir uitvoer-georiënteerde vervaardigingsondernemings. SUNGATE is die ideale ligging vir ‘n EPZ-onderneming. EPZ-aansporings is van toepassing op maatskappye wat die meeste van die produksie van produkte wat hulle wil uitvoer, op Namibiese grondgebied voltooi, buitelandse valuta verdien, en Namibiërs as werknemers in diens het. Namibië bied ook spesiale aansporings aan beide vervaardigers en uitvoerders, en dit is ingestel deur die Regering om ekonomiese groei te stimuleer en meer werksgeleenthede te skep. Hoewel dit spesifiek ontwerp is vir besighede wie se primêre teikenmarkte die “Southern African Customs Union” (SACU) is, geld hierdie voordele ook vir daardie maatskappye wat produkte uitvoer na markte buite die SACU gebiede.  Met inagneming van sulke aansporings, die land se ekonomiese- en politieke stabiliteit, sowel as uitstekende infrastruktuur, beteken dit dat SUNGATE perfek geskik is vir die kanalisering van handel deur Afrika en ook buite die kontinent. 


PRODUKTE

‘n Gedeelte van Namibië se ekonomiese groei is afhanklik van die land se vermoë om te kan fokus op die invoer- en uitvoerindustrie, deur voordeel te trek uit sy strategiese ligging en ekonomiese infrastruktuur. Die verskeie handelsroetes wat hulle oorsprong het in Namibië en vandaar strek in Afrika in, beteken dat die land letterlik in ‘n sleutelposisie is wanneer dit kom by die proses van invoer en uitvoer. Op sy beurt maak SUNGATE se ligging dit weer moontlik vir ‘n verskeidenheid van industrie-sektore om maksimum voordeel te kan trek uit hierdie sleutelposisie. Namibië se vernaamste uitvoere is:

·         Mineraleprodukte soos uraan, diamante en edelgesteentes

·         Vis en visprodukte – Namibië se visbedryf tel onder die top-tien in die wêreld

·         Vleis en vleisprodukte - met Namibiese vleis ongeëwenaard wêreldwyd

·         Leer, karakoelpelse en handwerkprodukte

·         Bier, drankies, vrugte, groente en sjokolade