Oordragproses

Inligting rakende die Oordragproses

Die erwe is gereed om oorgedra te word, en die normale prosedure vir die oordrag van ‘n eiendom geld.

Met ondertekening van die kontrak is ‘n deposito van 10% onmiddellik betaalbaar (minimum). Dit word in trust gehou deur die aktebesorgers totdat oordrag plaasvind (Dr. Weder, Kauta and Hoveka – Verwysing: Mnr. Andrè Swanepoel, Nevadia van Zyl).

Die kontrak word verwerk, ‘n afskrif word voorsien aan die kliënt, en die proses kom in aanvang.

Indien die aanbod onderhewig is aan ‘n verband, sal die aansoek- en goedkeuringsproses ook onmiddellik in aanvang kom.

Waarborge vanaf die kliënt of die bank word versoek soos per kontraktuele datum van lewering, en die oordrag word ingedien by ontvangs en ondertekening van die normale oordragdokumente.  

Met oordrag ontvang die kliënt ‘n Titelakte soos normaalweg, en die proses van indiening van planne en bouwerk kan dan begin so spoedig as deur die kliënt verlang. Al die besonderhede rakende die proses van goedkeuring van planne, tariewe en belasting (eintlik heffing) is normaal, siende dat SUNGATE ‘n privaat dorpie is, met die proklammasie as sy eie wettige “plaaslike owerheid” soos toegestaan deur die Ministerie.

Selfs al val SUNGATE nou binne die nuwe grense van Die Stad Windhoek, is dit ‘n privaat dorp wat verantwoordelik is vir sy eie normale munisipale funksies. Dit sal hanteer word deur die formeel-geregistreerde SUNGATE Eienaarsvereniging (Artikel 21 Maatskappy, waarbinne alle eienaars wettige lede word van op oordrag).