OORSIG

As belangrike lid van die SADC, met strategiese vervoeraansluitings,  ‘n goed-ontwikkelde en deeglik instandgehoude netwerk van nutsdienste, asook stabiele politieke, ekonomiese en maatskaplike omgewing, word Namibië teen ‘n stewige tempo die nuwe “beste adres” vir besigheid in Afrika.  

Met inagneming van soveel positiewe faktore was dit onafwendbaar dat ‘n gemengde-gebruik ontwikkeling, wat voorsiening maak vir plaaslike en internasionale besigheidsbehoeftes, opgerig sou word by hierdie strategies-geleë punt. Die evolusie van hierdie konsep in die rigting van ‘n veeldoelige ontwikkeling is gebore uit die behoefte om die beste te maak van al die potensiaal wat SUNGATE aan te bied het. SUNGATE is ontwikkel om komplementêr, aanvullend en bykomend tot Windhoek te wees. In wese is die geboorte van SUNGATE die begin van ‘n simbiotiese verhouding met die hoofstad. 

As Afrika se nuwe beste besigheidsadres sal SUNGATE ‘n strategiese uitkykpunt (“vantage point”) bied vir lughawe- en vervoerverwante sektore, die wêreldwye besigheidsektor, sowel as toerisme. As ‘n sentrum vir besigheid sal dit voorsiening maak vir ‘n verskeidenheid van industrieë, naamlik kommersieel, kleinhandel, residensieel, ontspanning en lig-industrieel. Hierdie self-onderhoudende middelpunt van verspreiding sal die tuiste wees van die Afrika-hoofkantore van internasionale besighede, sowel as die deurgangspoort (“gateway”) na die res van Afrika en die wêreld.      

SUNGATE is gereed om die ongeëwenaarde, eerstekeuse besigheidsbestemming te wees vir plaaslike- en internasionale beleggers, eienaars van eiendom en maatskappye verwant tot, of betrokke by, invoere, uitvoere, vervaardiging en vervoer-logistiek binne en buite die SADC-streek, asook die gasvryheidsektor in Namibië.