STEDELIKE ONTWERP

 

Beginsels

Om ‘n gevoel van “plek” in stand te hou en te bevorder. Daar is veral vier kerngedagtes  wat hierdie gevoel tot ‘n groot mate bevorder:

  • Om die nedersetting te ontwerp as ‘n veilige en onafhanklike vesting (“bastide”): ‘n meestal selfonderhoudende nedersetting met duidelike grense, gegraveer uit die landelike omgewing. Hierdie grense moet onder geen omstandighede oorskry word nie.
  • Die vernaamste pad wat hierheen lei (die Nasionale Deurpad) word gesien en benader as ‘n natuurskoon besigtigingsroete (“scenic route”) deur die landelike omgewing.  
  • Die lyne gevorm deur die kruine van die koppies bly onveranderd (mag nie ontwikkel word nie).
  • ‘n Hele aantal stroke rivierfront gedeeltes, sowel as die aangrensende en verwante bosveldgedeeltes, word in hulle oorspronklike natuurlike staat behou.

Duidelikheid
Die perseel is ingerig en georganiseer rondom ‘n duidelik-onderskeide raamwerk. Die skaal van hierdie raamwerk wissel van ‘n “super-blok” van 300 x 300 meter in die  primêre, hoofsaaklik industriële gebied, tot ‘n meer alledaagse 80 x 80 meter skaal vir die “stadsblok” in meer-residensiële en gemengde-gebruik gebiede.  Aandag word ook gegee om die verhouding tussen ‘beweging deur’ die gebied, en plaaslike ‘beweging binne’ die gebied duidelik uit klaar.  

Buigsaamheid
Die raamwerk is met sorg ontwerp en daar is veral klem gelê op die vernaamste aspek van SUNGATE se gerieflike ligging. Die breë verskeidenheid van dit wat SUNGATE bied, van ‘n residensiële komponent reg deur tot lig-industrieel, kan egter meer verfyn word indien nodig, sou die aanvraag in die mark dit verlang.  

Integrasie
Die onderskeie middele en volgorde van beweging word deeglik geïntegreer en ‘n logiese stelsel van gerieflike toegang word sodoende geskep.  

Gemengede-Gebruik
Hoewel daar sekere sones is waarop klem gelê word in terme van aktiwiteite, is gebruike oor die algemeen  redelik breedweg gemeng en kan beide groter-skaal en kleiner-skaal aktiwiteite geakkommodeer word.  

Volhoubaarheid
Die skaal van die nedersetting se voetspoor (ongeveer 408 hektaar) en die wye verskeidenheid  van aktiwiteite maak ‘n hoë vlak van self-instandhouding potensieel moontlik.  

Ruimtelike en Ontwerp-konsep
‘n Kerngedeelte van die konsep is die stelsel van oorvloedige oop ruimtes. Oop ruimtes by SUNGATE kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die volgende:

  • ‘n Uitgestrekte serwituut waarbinne die nuwe aanpassing van die Nasionale Pad voorkom. Dit word gesien as ‘n daadwerklike bate vir die ontwikkeling. Die groenstrook bring mee dat die natuurlike landskap van akasia-graslande by die ontwikkeling ingesluit word. Die Nasionale Deurpad word dus gesien en hanteer as ‘n natuurskoon besigtigingsroete (“scenic route”).
  • Stroke rivierfront van wisselende skaal dien as ekologiese “deurgange” wat verskillende habitatte met mekaar verbind en ook funksioneer as migrasie-korridors vir voëls en diere, wat sodoende habitat-seleksie en biodiversiteit bevorder. Die korridor wat deur die industriële area strek word breër in die noorde om ‘n onbewerkte ruimte te vorm wat deur inwoners en werknemers van die nywerhede benut kan word.
  • ‘n Meer formele park (groenstrook) grens aan die sentrale gemengde-gebruik-sone aan die suidekant. Multi-verdieping kantoorgeboue kenmerk die oostelike en westelike grense van hierdie park.

 

 

 

Die belangrikste roetestruktuur sal as volg daar uitsien:

  •  Noord-suid toegang tot, en uitgang vanaf, die lughawe word verkry vanaf die voorgestelde nuwe Nasionale Pad na Gobabis.
  • ‘n Gedeelte van die bestaande Nasionale Pad, wat ‘n noemenswaardige gedeelte van belegging in infrastruktuur uitmaak, word behou, maar verklein.
  • Dit vorm ‘n ontluikende stedelike ruggraat wat in ‘n oos-wes-rigting oor die eiendom loop, en met tyd aanvullende kleinhandel- en kommersiële bure sal lok.
  • ‘n Onreëlmatige netwerk (“distorted grid”) ontspring uit hierdie “ruggraat”, wat verseker dat die stelsel so oop en deurlaatbaar as moontlik is.

 

Drie kardinale stedelike publieke spasies “anker” die ontwikkeling:

  • ‘n Sentrale Dorpsplein wat gepaard gaan met die primêre gemengde-gebruik-sone en aan die suidekant grens aan die parkgedeelte/groenstrook.
  • Noord van hier is ‘n twee-kantige Stasieplein, wat ook funksioneer as ‘n mini vervoerverbinding. Met tyd sal kleiner handelaars beslis spontaan begin belangstel om hierheen te skuif.
  • ‘n Drumpel-Ruimte (“Gateway Space”) waarbinne die hoof oos-wes ruggraat van beweging eindig.

 

In terme van grondgebruik, is die die middelpunt van die ontwerp ‘n groot gemengde-gebruik-sone (pakhuise, kantore, kleinhandel en residensieel) wes van die hoof-plein. Binne hierdie sone is die bedoeling om reis-, sake- en toerisme georiënteerde verblyf in te sluit in die vorm van wêreldklas hotelle met verwante ontspanningsfasiliteite. ‘n Kleiner gemengde-gebruik sone kom voor in ‘n hoogs-toeganklike area wes van die perseel, geleë tussen twee waterstroke (“water courses”). 

Wes van die gemengde-gebruik-sone is verdere geleenthede vir groter, ligte-industrie pakkamerfasiliteite. Oos van die sentrale gemengde-gebruik-sone is kleiner persele wat uiters geskik is vir lughawe-verwante dienste.  

‘n Beplande residensiële sektor vir werknemers kom voor aan die suidekant van die ontwikkeling, verwant tot die vernaamste oop-ruimte rivierfront korridor. Die meeste behuising sal egter deel vorm van Fase-2, wat geleë is suid van Fase-1.