NAMIBIË | SADC

Geleë net buite die Hosea Kutako Internasionale Lughawe en slegs 45km vanaf die land se hoofstad, Windhoek, is SUNGATE binne bereik van die land se nasionale hawe, Walvisbaai, en is dit ideaal geleë op die Trans-Kalahari Hoofweg. 

Die Republiek van Namibië deel internasionale grense met Angola, Botswana, Suid-Afrika en Zambië, en is  is bekend vir sy  natuurlewe en toerisme fasiliteite, ideale klimaat en topografie. Die land se voortdurend-groeiende ekonomie, toegang tot vaardighede en arbeid, en stabiele politieke, ekonomiese en maatskaplike omgewing bevorder groei, wat van Namibië die ideale besigheidsadres maak. 

Middelpunt van Handel en Vervoer

In wese het Namibië die potensiaal om aan die hart te staan van handel en vervoer, siende dat die land toegang bied tot die hele Suidelike-Afrika. Namibië se krities-belangrike ligging maak die land slaggereed om die nuwe toegangspoort (“gateway”) na Afrika te wees. Met SUNGATE direk verbind met die Walvisbaai Hawe en derhalwe ook met die netwerk van landvervoer deurgangsroetes  dwarsoor Suidelike-Afrika, onder andere die Trans-Kalahari Hoofweg, is dit direk geskakel met sleutelgedeeltes van die Suider-Afrikaanse kontinent. Aanvullend hiertoe, met sy naburige ligging tot die Hosea Kutako Internasionale Lughawe en Namibië se spoornetwerk, is SUNGATE ook ideaal geskik om produkte verder te versend op die beskikbare lugverbindings wat die sub-kontinent en ook die res van die wêreld bedien.